Die Kaap die Goeie Hoop DBV het sy soektog na beseerde en ontheemde wilde diere van die onlangse brande wat Somerset-Wes en Table View die naweek geteister het, weens slegte weer opgeskort.
’n Brand het volgens berigte verlede week by Rietvlei in Table View uitgebreek. Vyf ure later het nog ‘n brand by Lourensford in Somerset-Wes uitgebreek. Albei hierdie brande is sedertdien onder bedwang gebring.
Brandbestryders en verskeie instansies is na die gebiede gestuur. DBV-inspekteurs was ook Sondag op die toneel op soek na beseerde wilde diere.
“Hoewel daar nog nie soveel diere gevind is nie, weet ons hulle kruip gewoonlik ‘n paar dae ná die brande uit om kos en water te probeer kry. Baie van hulle is erg aan hul pote en gesig verbrand. Ons het ook die bobbejaantrop van Lourensford gesien. Dit het gelyk of hulle almal oukei was, maar hulle was klaarblyklik in nood,” het die DBV gesê.
Hulle het gesê ‘n ystervark moes doodgemaak word weens die erns van die beserings wat hy opgedoen het.
City Mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het gesê skadebepalings is aan die gang.
Bronne: IOl, MSN, Play MTN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



