Onthou jy nog die rok? Watter kleur is hy nou eintlik?

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag, sewe jaar gelede, was dié foto van die rok op almal se lippe. Mense het gedebatteer oor watter kleur die rok nou eintlik is.

In 2015 het die rokfoto ‘n internasionale verskynsel op die internet geword toe sommige mense gedink het die rok is swart en blou, terwyl ander weer gedink het dit is wit en goud.

Die verskynsel het verskille in menslike kleurpersepsie, wat die onderwerp was van voortdurende wetenskaplike ondersoeke, wat veral op neuro- en visuele wetenskap gefokus het, aan die lig gebring.

Die rok is oorspronklik deur Roman Originals in die Verenigde Koninkryk ontwep.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.