‘How to murder your husband’-skrywer lewenslank tronk toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die skrywer van die blog How To Murder Your Husband is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op haar man.

Nancy Crampton Brophy (71) het na ‘n verhoor van sewe weke die vonnis gehoor. Sy sal eers na 25 jaar in die gevangenis in aanmerking vir parool kom.

Aanklaers sê Brophy het haar 63-jarige man in 2018 by sy werk doodgeskiet.

Crampton Brophy (71) het die aanklag ontken en daarop aangedring dat beeldmateriaal van sekuriteitskameras wat haar op die toneel van die misdaad geplaas het, bloot gewys het dat sy soek na “inspirasie”.

Sy het ook beweer ‘n vermiste geweer, wat die polisie glo die moordwapen is, is gekoop as deel van navorsing vir ‘n roman, en het ontken dat die honderdduisende dollars se lewensversekering wat sy sou kry, ‘n motief vir moord was.

Crampton Brophy is in September 2018 gearresteer en was sedertdien in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.