‘n Vrou wat in 1980 as baba weggeraak het na haar ouers vermoor is, is nou, 42 jaar later, lewendig opgespoor.
Die vrou, wat destyds as “baba Holly” bekendgestaan het, het as baba verdwyn na Tina Gail Linn Clouse en Harold Dean Clouse dood in ‘n beboste area in Houston, Texas, gevind is.
Nou is die 42-jarige vrou wat deur DNA-toetse as dieselfde Holly geïdentifiseer is, met haar familie herenig.

Holly is as baba deur ‘n paartjie aangeneem.
Haar ouma, Donna Casasanta, sê haar kleindogter is op haar vermoorde seun se verjaardag gevind en het dit ‘n “geskenk vanaf die hemel” genoem. “Ek het vir meer as 40 jaar gebid vir antwoorde en die Here het van dit vir ons gegee, ons het vir Holly gekry.”



