Nege-en-vyftig gevangenis wat die afgelope ses jaar uit die land se tronke ontsnap het, is nog nie weer in hegtenis geneem nie.
39 van die gevangenes wat ontsnap het, was reeds gevonnis, terwyl 20 nog nie gevonnis was nie.
Die 59 vorm deel van 285 gevangenes wat tussen 2017 en 2022 uit tronke regoor die land ontsnap het.
Onder die ontsnapte gevangenes was daar veroordeelde moordenaars, verkragters, rowers, kapers, brandstigters, ongedokumenteerde immigrante en inbrekers.
Hierdie data is deur Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, verskaf. Van die 285 ontsnaptes is 226 weer in hegtenis geneem.
Van die 226 wat weer in hegtenis geneem is, is 100 gevonnis en 126 is nie gevonnis nie.
Lamola het beklemtoon dat die ontsnaptes ‘n klein deel van die land se gevangenebevolking uitmaak.
“Daar was ‘n gemiddeld van 151 495 gevangenes op enige gegewe tydstip gedurende die genoemde tydperk in aanhouding,” het hy gesê in antwoord op skriftelike vrae in die Nasionale Vergadering.
“Die ontsnappingsyfer kan gemiddeld 48 gevangenes per jaar wees. Dit kom neer op ’n gemiddeld van 0,032% gevangenes wat uit aanhouding ontsnap per jaar.”
Die Wes-Kaap het voorgeloop met die aantal ontsnapte gevangenes.
Dit het die afgelope ses jaar 100 ontsnappings gehad.
Dit is gevolg deur Gauteng met 54 ontsnappings, waarvan 26 gevangenes weer in hegtenis geneem is. Van die 28 gevangenes wat nog op vrye voet in Gauteng is, is 13 gevonnis.
Lamola het gesê intense pogings word altyd aangewend wanneer ‘n gevangene na vryheid ontsnap.
“Ontsappings word by die SAPD aangemeld en strafregtelike sake word teen die oortreders geopen. SAPD se spoor-en-opspooreenheid voer saam met die departement van korrektiewe diens (DKD) noodondersteuningspanne soek- en deursoekoperasies uit,” het hy gesê.
“Vir alle buitelandse burgers wat ontsnap, skakel DKD en SAPD ook met die SAOG-lande se wetstoepassingsagentskappe.”
Bronne: IOL, MSN, The Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: SA bokser sterf aan breinbesering



