Twee gered na hul in sjokolade by M&M-fabriek val

Deel hierdie storie / Share this story

Dit was iets so reg uit Charlie and The Chocolate Factory toe twee mense Donderdag uit ‘n tenk vol sjokolade by ‘n sjokoladefabriek gered moes word.

Twee werkers by die Mars Wrigley-fabriek in Pennsilvanië moes deur die brandweer deur ‘n gat in die kant van die sjokoladetenk gered word.

‘n Lancaster County 911-beampte het aan TODAY bevestig die departement het om 10:51 ‘n oproep oor die voorval ontvang.

Volgens die polisiewoordvoerder is die polisie nog nie in kennis gestel van enige beserings in die verband nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.