Die Suid-Afrikaanse bokser Simiso Buthelezi is oorlede nadat hy in die hospitaal opgeneem is ná ‘n ontstellende einde aan sy onlangse geveg.
Buthelezi was Sondag in ‘n WBF Afrika-liggewigtitelstryd teen Siphesihle Mntungwa by die Greyville-konvensiesentrum in Durban.
Buthelezi het teen die einde ineengestort en is hospitaal toe geneem, waar ontdek is hy het ‘n breinbesering opgedoen.
Dit het inwendige bloeding tot gevolg gehad. Buthelezi het Maandagaand aan die besering beswyk.
Boks Suid-Afrika sê hy sal ‘n onafhanklike mediese ondersoek doen en die resultate bekend maak.
Bronne: MSN, African Insider
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Ram in Suid-Soedan ‘tronkstraf’ opgelê vir moord op vrou



