Ram in Suid-Soedan ‘tronkstraf’ opgelê vir moord op vrou

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ram in Suid-Soedan sal drie jaar by ‘n militêre kamp deurbring as straf vir die moord op ‘n vrou vroeër vandeesmaand, volgens plaaslike media in Suid-Soedan.

Volgens NewsWeek het majoor Elijah Mabor gesê die ram het die 45-jarige Adhieu Chaping aangeval deur haar herhaaldelik met die kop in die ribbes te slaan. Sy is later aan haar beserings dood.

Ná die aanval is die ram volgens berigte aangekeer en in polisieaanhouding geplaas.

Volgens die owerhede sal die ram die volgende drie jaar in ‘n militêre kamp in die hoofkwartier van die Aduel County in Soedan se Lakes-staat deurbring.

’n Plaaslike hof het beslis dat die eienaar van die ram, Duony Manyang Dhal, ook vyf koeie aan die slagoffer se familie moet gee.

“Die eienaar is onskuldig, maar die ram is die een wat die misdaad gepleeg het, so dit verdien om gearresteer te word. Dan sal die saak later na die gewoontehof gestuur word waar die saak vriendskaplik hanteer kan word, ” het majoor Elijah Mabor aan NewsWeek gesê.

Bronne: IOL, MSN, Jacaranda FM