Volgens die neuroloog moet Marno Muller(5) ‘n MRI kry sodra hy uit sedasie is om sy brein te bekyk en om te bepaal wat die pad vorentoe is. Sy stent is ook intussen verwyder.
Marno is steeds op 100% sedasie en dokters kan op die oomblik nog nie sê wanneer dit gelig kan word nie. Hy kry ook Epilim en is op 45% suurstof. Sy voeding elke drie ure.
Dokters het ook aanbeveel dat Marno vir ‘n geruime tydperk spraak- en arbeidsterapie sowel as fisioterapie moet kry. Tans kry hy elke tweede dag fisioterapie in die hospitaal.
Indien jy ‘n bydrae wil maak, kontak Nadia Minnie by 0782491971.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



