‘n TikTok-gebruiker het onlangs ‘n video op dié video-platform gedeel van SHEIN-klereplakkers wat glo die woorde “ek het jou hulp nodig” op het.
In die video beweer die Tiktok-gebruiker dat SHEIN kinderarbeid gebruik om hulle klere te maak en dat die kinders om hulp vra.
SHEIN het egter op 3 Junie ook ‘n video geplaas waarin hy sê dié beweringe is vals.
SHEIN sê die klereplakkers is “swak bewoord” en dat dit bloot sê gebruikers kan die materiaal sag hou deur klereversagmiddel te gebruik.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



