‘Gevaarlike’ verdagte in Wes-Kaap gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om te help om ‘n “gevaarlike” en moontlik gewapende verdagte in die Wes-Kaap op te spoor.

Die polisie sê die 30-jarige Yanya Endrey Nyalara staan ook as Bara bekend.

“Daar is ‘n moontlikheid dat hy in die Oos-Kaap of enige ander provinsie in die land is,” sê die polisie. “Nyalara was in 2016 glo betrokke by ‘n besigheidsrooftog en word nou gesoek op aanklagte van moord, poging tot moord, aanranding, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.”

Die polisie sê die misdade is glo tussen 2017 en 2018 gepleeg.

“Hy word as gevaarlik en gewapen gesien en moenie genader word nie. ‘n Beloning van R100 000 word aangebied vir inligting wat tot sy suksesvolle inhegtenisname kan lei.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.