Haar naam is Savannah. Sy bly in New Jersey. Sewe jaar, byna 40 lande en 28 583 myl gelede het Savannah die pad saam met haar eienaar, Tom Turcich, aangepak. in Mei vanjaar het die twee by New Jersey ingestap en die avontuur klaargemaak. Turcich is die tiende man wat al om die wêreld gestap het, maar Savannah is die eerste hond wat dit reggekry het.
“Dit was ‘n ongelooflike ervaring,” vertel Turcich. “Vol van ‘n ongelooflike groot hoeveelheid vriendelikheid.”
Turcich was ‘n tiener toe hy besluit het om eendag, na die dood van ‘n vriend, om die wêreld te stap.
In April 2015, een dag voor sy 25ste verjaardag, het Turcich sy huis in New Jersey verlaat om die avontuur saam met Savannah aan te pak.
Die twee is op die avontuur deur baie ervarings. Hulle is in Panama met ‘n mes gedreig, hulle het die hitte en bedompigheid van die woude in Costa Rica oorleef, hulle het vreemdelinge se troue in Uzbekistan bygewoon en was vir ‘n geruime tyd weens die pandemie in Uzbekistan vasgekeer.
Hy bewonder Savannah vir haar uithouvermoë. “Haar stert is altyd in die lug en sy sal 50 km per dag loop as dit nodig is. Ek het baie respek vir haar. Sy is sewe jaar oud, dieselfde ouderdom as die staptog, so dis nou ‘n goeie tyd om af te tree!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



