Verbyganger vind ontbinde liggaam in digte bos in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

’n Verbyganger het Woensdagoggend ’n ontbinde liggaam in ’n digte bos langs die M27 in die Waterloo-omgewing gevind.

Prem Balram van Reaction Unit SA het gesê die verbyganger het hulle omstreeks 08:30 gekontak.

“Reaksiebeamptes is na sy plek uitgestuur en is met hul aankoms etlike meters teen ‘n steil wal langs die pad gelei. Die liggaam van ‘n man is tussen die digte plantegroei ontdek,” het hy gesê.

Balram het gesê die liggaam was in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.

“‘n Bloedbevlekte grys T-hemp, wat blykbaar van die liggaam afgeskeur is, en ‘n tradisionele wapen het langs sy liggaam gelê,” het hy gesê.

Balram het gesê die identiteit van die oorledene kon nie vasgestel word nie.

Polisie sê Verulam SAPD doen ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n ontbinde liggaam in die digte bos gevind is.

“Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van dood bepaal,” het konstabel Thenjiswa Ngcobo, woordvoerder, gesê.

Bronne: MSN, IOL, News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Seun gevang toe hy bejaarde ma in stukke sny