Die polisie het Dinsdag ‘n 33-jarige man in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ‘n gas by sy meisie se gastehuis op Lydenburg.
Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het ‘n vrou glo die polisie ingelig dat ‘n man by haar gastehuis op Lydenburg dood is nadat hy na bewering aangerand is.
“Die vrou het verder beweer dat die man (slagoffer) op Sondag 5 Junie 2022 aangerand is en by die gastehuis gelos is,” het Mohlala gesê.
Hy het bygevoeg die vrou het gesê sy en haar kêrel het Dinsdag na hom gaan kyk en gevind dat hy nie reageer nie.
Mohlala het gesê die polisie het op die saak gereageer saam met amptenare van nooddienste wat die man op die toneel dood verklaar het.
Die polisie het verder ondersoek ingestel en ontdek dit was glo die gastehuiseienaar se kêrel wat die man na bewering aangerand het.
Hulle het hom vinnig in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die verdagte sal op 9 Junie 2022 in die Mashishing-landdroshof verskyn.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



