Seun gevang toe hy bejaarde ma in stukke sny

Deel hierdie storie / Share this story

’n Seun is op heterdaad betrap terwyl hy sy bejaarde ma by Riverside in Phuthaditjhaba (vroeër Witsieshoek) Vrystaat, in ‘n motorhuis in stukke gekap het.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Phumelelo Dhlamini, het die polisie op ‘n oproep van ‘n moord gereageer en die menslike liggaamsdele wat in stukke gesny is binne die motorhuis by Riverside gevind.

Dié voorval het Dinsdagoggend omstreeks 09:00 gebeur.

Dlamini sê ‘n familielid het die vermoorde vrou geïdentifiseer as die 65-jarige ma, Modiehi Khodumo Mokoena.

“Daar word beweer dat die man van die oorledene, Motsumi Joseph Mokoena, by die huis aangekom het en sy seun in die motorhuis gevind het terwyl hy die oorskot van sy ma in ‘n plastieksak pak. Toe sy pa probeer navraag doen oor wat aan die gebeur is, het die seun ’n mes uitgehaal en hom in die bors gesteek. Gevolglik is hy met ernstige steekwonde in die hospitaal opgeneem,” aldus kaptein Phumelelo Dhlamini.

Dlamini sê daar word beweer die moord is tussen Maandag 6 Mei 2022 en Dinsdag 7 Mei 2022 gepleeg.

Die seun is steeds op vrye voet. Sake van moord en poging tot moord is geopen en word ondersoek.

Bronne: MSN, Daily Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Rassisme blameer vir boendoe-aanval op Über-bestuurder in Parkwood