Archie glo ‘geteiken’

Deel hierdie storie / Share this story

Die hertog en hertogin van Sussex se seun Archie is deur wit opperheersugtiges (white supremacists) geteiken “omdat hy van gemengde ras is”, is aan ‘n hof gesê.

Christopher Gibbons (38) word daarvan beskuldig dat hy die 3-jarige seun – wat as Archie Harrison Mountbatten-Windsor gebore is – beskryf as ‘n “gruwel wat uitgesit moet word” in ‘n aanlyn “terreur” podsending.

In daardie podsending het Gibbons en mede-gasheer Tyrone Patten-Walsh (34) ook gevra dat prins Harry (37) vervolg en “regterlik vermoor word vir hoogverraad” omdat hy getroud is met die 40-jarige Meghan, wie se ma Doria Ragland swart is, terwyl haar pa, Thomas Markle, wit is.

Daar word gesê dat die paar gemengde-ras-verhoudings geminag het en die egpaar se huwelik as ‘n voorbeeld op hul Black Wolf Radio-program gebruik.

Gibbons en Patten-Walsh ontken die aanmoediging van ekstreme regse terrorisme deur hul podsending vir byna ‘n jaar.

Gibbons ontken ook die beskuldiging van die verspreiding van terroriste-publikasies deur video’s op te laai na die aanlyn The Radicalization Library van April 2018 tot Februarie 2020.

Aanklaer Anne Whyte QC het aan Kingston Crown Court gesê beide die beskuldigdes is “toegewyde en onverskoonbare white supremacists” wat “ekstreme regse sienings” huldig.

Gibbons en Patten-Walsh het na bewering die moord op die Arbeiders-LP Jo Cox (41) in 2016 deur ‘n verregse boef “goedgekeur”, sowel as Brenton Tarrant se skiettog in 2019 by moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, wat 51 slagoffers gedood het.

Hulle het ook verwys na slagoffers van die Manchester Arena-selfmoordbomaanval in 2017 wat die lewens van 22 mense geëis het as “s****”, het ‘n jurie gehoor.

Patten-Walsh het na bewering ook die oortreder van die aanval “‘n sand n*****” genoem.

Die beskuldigdes het na bewering ook anti-Semitiese opmerkings gemaak en swart en Asiatiese mans as verkragters in hul podsending geskilder.

Hul verhoor duur voort.

Bronne: MSN, Metro, Toronto Sun

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Brandweerman afgedank oor Facebook-plasing