Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Huis, het Dinsdag bevestig die ANC sal nou voorstelle begin bestudeer om die parlement uit Kaapstad “na die ander kant van Suid-Afrika” te verskuif.
Die Nasionale Vergadering-gebou het heel aan die begin van die jaar afgebrand, met een verdagte wat nog agter tralies is vir beweerde brandstigting.
Die parlement is na die nabygeleë Kaapstadse stadsaal verskuif, maar dit was net bedoel om ‘n tydelike oplossing te wees.
Die parlementsgebou is grootliks deur die brand beskadig, en dit het sommige politici aangespoor om werk te maak van hul begeerte om die ikoniese bymekaarkomplek van die land se regeerders te verskuif.
Alhoewel Kaapstad ‘n massiewe munisipale gebied is, is dit geïsoleer van elke ander metro in die land.
Mapisa-Nqakula het Dinsdag die Huis toegespreek en onthul dat ‘n lewensvatbaarheidstudie nou deur die regering hersien word en ‘n besluit om die lokaal uit Kaapstad te neem sal binnekort deur diegene in beheer gedebatteer word.
“Ons kyk na ‘n aanbieding van die uitvoerbaarheidstudie, wat in 2018 gedoen is, oor die verskuiwing van die parlement vanaf sy huidige perseel in Kaapstad. Die verslag sal met lede van die Huis gedeel word, voordat ’n besluit oor die toekomstige setel van die parlement geneem word,” het Nosiviwe Mapisa-Nqakula gesê..
Die Speaker het bevestig dat die Nasionale Vergadering “na Gauteng sal skuif”, sou Kaapstad deur die pad val.
Alhoewel dit nie implisiet gestel is nie, is daar sprake dat Pretoria vanweë sy status as Suid-Afrika se administratiewe hoofstad as die volgende setel van die parlement sal dien.
Bronne: MSN, BusinessTech
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



