’n Nuwe mamma wat vir haar pasgebore baba oorbelle laat inskiet het, het onder swaar kritiek deurgeloop. Die baba was skaars 24 uur oud.
Die ma, wat haar baba slegs “Lara” op TikTok noem, het ‘n “onskuldige” video van haar babadogtertjie gedeel net ure na haar geboorte in vergelyking met haar nou op drie maande oud.
Op die video kan mens sien dat die baba ‘n klein blommetjie-oorring in het slegs 24 uur na haar geboorte.

Die meerderheid van die kommentaar het die ma aangeval en gesê sy moes wag dat die kind ouer is. Ander het weer gesê dit is algemeen in sommige kulture vir jong meisies om vroeg in hul lewe oorbelle te laat inskiet.
Die ma het teruggekap en gesê babas voel nie die pyn soos ‘n tweejarige kind nie omdat hulle oorlelle baie sagter is. “Die prosedure is deur ‘n neonataloog (dokter wat spesialiseer in die versorging van pasgeborenes) in die hospitaal gedoen.”
Sy het ook bygevoeg dat dit normaal is in “haar land”.
Die ma se verweer is dat babas se oorlelle sagter is as hulle regtig jonk is en haar dogter sou geen groot pyn gevoel het nie – om die waarheid te sê, sy het “nie eens gereageer” nie.



