Ja, die stories oor die nasionale protesaksie (national shutdown) wat Vrydag in Suid-Afrika gaan plaasvind, is waar.
Die shutdown is bevestig toe die EFF aangekondig het hulle ondersteun die idee. Die betogings sal merendeels in die stede wees en die rede daarvoor is die buitensporige pryse van brandstof en ander noodsaaklike items.
Die EFF het gesê hy sal die strate saam met die national shutdown-organiseerders invaar.
“Die EFF beplan ‘n vergadering om te bespreek hoe ons op hierdie stygende pryse gaan reageer. Ons sal ook oorweeg om betrokke te raak by ‘n national shutdown totdat die koste van petrol verminder is. Dit is vir die tesourie om maatreëls in te stel wat ons brandstofpryse onmiddellik sal verlaag,” volgens die EFF-verklaring van 31 Mei 2022.
AfriForum het ook ‘n verklaring in dié verband uitgereik en sê die shutdown word onder andere deur twee taxiverenigings, naamlik The National Taxi Alliance en SANTACO beplan.
“Tans is dit moeilik om enige gevolgtrekkings te maak oor moontlike deelname en gebiede wat deur die betogings geraak sal word. Neem in ag dat daar al baie sulke nasionale shutdowns aangekondig was, maar dat slegs sekere provinsies of dele van die land gewoonlik geraak word.”
Sommige van die leidende stemme agter die national shutdown-idee het ‘n beroep gedoen vir ‘n volledige sluiting van skole en werkplekke. Werkers word ook aangemoedig om vir ‘n onbepaalde tyd tuis te bly totdat die petrolprys daal.
Hulle het Vrydag 10 Junie as hul dag van protes geïdentifiseer.
𝐖𝐞𝐧𝐤𝐞 𝐯𝐢𝐫 𝐕𝐫𝐲𝐝𝐚𝐠 𝟏𝟎 𝐉𝐮𝐧𝐢𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟐
- Dit is waarskynlik ’n goeie plan om enige reisplanne vir Vrydag te heroorweeg en uit te stel indien moontlik.
- Indien jy moet ry, sal dit goed wees indien jy vooraf met die nodige owerhede en veiligheidstrukture skakel om uit te vind of jou roete veilig is.
- Skakel in by jou plaaslike (AfriForum-) buurtwag, plaaswag en/of GPF, sodat jy inligting oor jou omgewing by hulle kan kry.
- Dateer jou gebeurlikheidsplanne op.
- Hou jou tweerigtingradio aangeskakel, indien jy een besit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



