Meer as 25 jaar na die vrystelling van die gewilde liedjie All I Want for Christmas is You, dagvaar Andy Stone nou vir Mariah Carey omdat sy onder meer nooit toestemming gevra het om die titel te gebruik nie.
Stone het in 1989 ‘n liedjie met dieselfde titel opgeneem en daaraan gehelp skryf.
Carey se liedjie was in verskeie lande ‘n treffer en meer as 16 miljoen kopieë van die liedjie is wêreldwyd verkoop.
CNN berig Stone eis nou skadevergoeding van $20 miljoen. Carey het nog nie op die regsgeding gereageer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



