Goedhartige vrou gee R551k terug wat sy binne-in gratis bank kry

Deel hierdie storie / Share this story

’n Besonderse vrou het gewys dat haar hart werklik rein is nadat sy geld gevind het wat nie hare was nie en dit dadelik alles teruggegee het.

Vicky Umodu, ‘n inwoner van San Bernardino County, het verduidelik dat sy meubels op Craigslist gesoek het toe sy op ‘n gesin afgekom het wat ‘n mooi rusbank wat aan ‘n onlangs gestorwe geliefde behoort het, wou weggee.

“Ek het gesê miskien is dit ‘n foefie. Laat ek hulle bel,” het Umodu aan die plaaslike nuuskantoor KGO-TV gesê. Kort daarna is reëlings getref dat die rusbank by haar huis afgelewer word.

“Ek het pas ingetrek, en ek het niks in my huis gehad nie. Ek was so opgewonde, so ons het dit geneem,” het Umodu bygevoeg.

Sy het toe iets eienaardigs aan die rusbank opgemerk en by nadere ondersoek ‘n aantal koeverte met geld binne-in die kussings versteek gevind.

In plaas daarvan om vas te hou aan die geld wat $36k (sowat R551k) beloop het, het sy die familie gebel en hulle daarvan vertel.

Die gesin was so verstom deur haar eerlikheid en selfs meer dankbaar dat hulle besluit het om vir haar $2200 (sowat R33k) te gee.

Volgens die New York Post het die gesin later ontdek dat hul oorlede familielid ook geld in ander besittings versteek het.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Johnny Depp sluit by TikTok aan ná Amber Heard-verhoor