Johnny Depp het by TikTok aangesluit. Depp, wat onlangs sy multimiljoen-dollar-lastersaak teen sy eks-vrou Amber Heard gewen het, het vandeesweek ‘n rekening op die sosialemediaplatform oopgemaak en beskryf homself as ‘n “af en toe Tespies (Thespian)”.
Depp het Maandag sy profiel opgestel en het reeds byna twee miljoen volgelinge. Hy moet nog ‘n video plaas of iemand op die platform volg.
‘n Jurie in Fairfax, Virginia, het bevind dat Amber Heard haar gewese man belaster het met ‘n artikel waarin sy beweer het sy is ‘n slagoffer van huishoudelike mishandeling.
Depp het $15 miljoen se skadevergoeding ontvang, terwyl Heard $2 miljoen as kompenserende skadevergoeding ontvang het.
Intussen het Alafair Hall, ‘n woordvoerder van Heard, sedertdien aan die New York Times bevestig dat Heard van plan is om teen die uitspraak te appelleer.
Bronne: MSN, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Amber Heard verdedig deur suster ná uitspraak in Johnny Depp-saak



