Brückner, verdagte in Maddie McCann-saak, verbreek stilte

Deel hierdie storie / Share this story

Christian Brückner, die verdagte in die saak van die vermiste Madeleine McCann, het uiteindelik die stilte verbreek en kommentaar oor die saak gelewer.

Brückner is in April amptelik as die verdagte in die saak geïdentifiseer.

Brückner het die ondersoek in die saak ‘n “ongelooflike skandaal” genoem en die Duitse ondersoekbeamptes gekritiseer omdat hulle hom beskuldig, maar nie klagtes teen hom lê nie.

Die Britse kleuter het 15 jaar gelede verdwyn toe sy en haar gesin in Portugal vakansie gehou het.

Di 44-jarige Brückner het vanuit die tronk, waar hy tans ‘n vonnis uitdien vir die verkragting van ‘n 72-jarige vrou, ‘n handgeskrewe brief geskryf.

“Om iemand van misdaad aan te kla, is een ding,” skryf hy. “Maar dis iets heeltemal anders, ‘n ongelooflike skandaal, as ‘n aanklaer ‘n openbare veldtog teen iemand loods voor kriminele klagtes gelê is.”

Duitse aanklaers het gesê hulle het “konkrete bewyse” teen Brückner en dat hulle die saak as ‘n moordsaak hanteer, al is McCann se liggaam nooit gevind nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.