Die Dominikaanse Republiek se minister van omgewing en natuurlike hulpbronne is in sy kantoor doodgeskiet deur ‘n “goeie persoonlike vriend” sê amptenare.
Orlando Jorge Mera (55) het ‘n vergadering gehou ten tyde van die aanval. Minstens ses skote is gehoor.
‘n Presidensiële woordvoerder het die aanvaller as Miguel Cruz geïdentifiseer, en beskryf hom as ‘n jeugvriend van die minister. Hy is nou in aanhouding. Die motief vir die skietery bly onduidelik.
In ‘n verklaring het mnr. Jorge Mera se familie gesê hy is verskeie kere geskiet deur ‘n man met wie hy van kleins af bevriend was.
“Ons familie vergewe die persoon wat dit gedoen het. Een van Orlando se grootste nalatenskappe was om nie ‘n wrok te koester nie,” het hulle bygevoeg.
Bronne: Daily Mail, BBC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Man skei vrou omdat hy drie keer ‘n dag moes noedels eet



