Man skei vrou omdat hy drie keer ‘n dag moes noedels eet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Indiese man het opslae gemaak toe hy besluit het om van sy vrou te skei vir wat vir sommige na ‘n baie nietige rede lyk. Ander dink weer dis genoeg rede om tot so ‘n drastiese stap oor te gaan.

Volgens berigte het die ontevrede man dit as ‘n goed genoeg rede beskou om die huwelik te beëindig, want hy was absoluut moeg daarvoor om heeldag niks behalwe noedels te moes eet.

Volgens die hoofdistriks- en sittingshofregter ML Raghunath het hy die saak gelei wat hy sedertdien die “Maggi-saak” gedoop het – vanweë die gewilde Maggi-noedelhandelsmerk.

Die New Indian Express berig die man het teë geraak vir noedels, wat sy vrou elke dag vir hom vir ontbyt, middagete en aandete voorberei het, te eet.

Uiteindelik het dit gelei tot hul egskeiding met wedersydse instemming.

Bronne: MSN, Business Insider

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: KZN-vrou in hegtenis vir verkoop van huis van R2,2 miljoen wat nie hare is nie