Elektriese voertuie vir Woolworths se afleweringroetes

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ‘n verklaring deur Woolworths sal hulle die eerste kleinhandelaar in Suid-Afrika wees om elektriese paneelwaens as deel van sy aanlyn inkopie-afleweringsvloot in te stel.

Hierdie aankondiging volg op ‘n suksesvolle proeftydperk van 10 maande. Die voertuie sal gebruik word vir die aflewering van produkte wat aanlyn in Durban, Kaapstad en Gauteng aangekoop word.

Die ontplooiing sal daartoe lei dat tot 70% van die kleinhandelaar se vloot deur elektrisiteit aangedryf word, wat volgens die syfers van die proeftydperk op ‘n jaarlikse basis die potensiaal sal hê om 700 000 kg se uitlaatpyp-koolstofvrystelling te bespaar.

“Ons het verlede jaar dapper nuwe volhoubaarheidsdoelwitte en ambisies aangekondig, wat die doelwit ingesluit het vir zero-koolstofvrystellings teen 2040,” sê Liz Hillock, Woolworths se hoof van aanlyndienste.

Oor die afgelope drie jaar het Woolworths meer as R1 miljard in hul digitale vermoëns belê.

“Om die voertuie aan te dryf, sal elektrisiteit van hernubare bronne verkry word, wat die geleentheid vir sonkrag benut met bykomende laaiers by strategiese Woolworths-winkelliggings,” verduidelik Hillock.

//www.woolworthsholdings.co.za/woolworths-celebrates-world-environment-day-with-another-south-african-retail-first-the-rollout-of-electric-delivery-vehicles/

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.