’n Veiligheidswag het kritieke beserings opgedoen toe ’n groot metaalhek Saterdag in Meyerton bo-op hom geval het.
Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici om 12:30 op die toneel aangekom.
“ʼn 48-jarige veiligheidswag het kritieke beserings opgedoen toe ʼn groot metaalhek vroeër Saterdag by industriële perseel in Highbury, Meyerton, bo-op hom geval het. ER24-paramedici was om 12:30 saam met die Midvaal-brandweer en nog ’n privaat mediese diens op die toneel,” volgens Campbell.
Campbell sê die veiligheidswag is gevind waar hy langs die hek op die grond gelê het nadat hy deur ander werkers daaronder uitgetrek is.
“Die veiligheidswag het ’n ernstige snywond aan sy arm opgedoen en was in ’n kritieke toestand.”
Hy het verder gesê die veiligheidswag is met gevorderde lewensondersteunende intervensies behandel om hom te stabiliseer terwyl ‘n privaat mediese helikopter naby geland het om hom na ‘n privaat hospitaal in Alberton te vervoer.
Bronne: MSN, Straits Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



