Drie kinders sterf na eet van vleis met rotgif

Deel hierdie storie / Share this story

Drie kinders is dood toe hulle vleis wat met rotgif toegesmeer was in Kaalfontein, naby Midrand, geëet het.

Die vleis is in ‘n houer bo-op die yskas gelos deur hul ouma, wat bedoel het om later die aand rotte vas te trek.

Volgens die Gautengse departement van onderwys het die ouma die houer bo-op die yskas gelos en was geskok toe sy met haar terugkeer die houer in die wasbak sien en verneem die kinders het die vleis geëet.

Twee van die broers en susters wat leerders aan die Laerskool Kaalfontein in Midrand was, ‘n graad 1-seun en ‘n graad 2-meisie en ‘n eenjarige dogtertjie is almal Dinsdag dood.

“Toe hulle die situasie ondersoek is, het die kinders bevestig dat hulle toegang tot die vergiftigde vleis gekry en dit geëet het. Die ouma het dadelik vir hulle melk gegee, en hulle het oor maagkrampe begin kla. Hulle is na ’n mediese fasiliteit gehaas en met hul aankoms dood verklaar.” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, gesê.

Bronne: MSN, George Herald

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Man sterf tydens betoging