Nkosinathi Lukas (38) is dood toe ‘n elektriese paal Donderdag tydens ‘n betoging vir elektrisiteit in Area 11 informele nedersetting in Kariega ontwortel het en op sy kop geval het.
Volgens die man se familie was hy werksaam as ‘n vullisverwyderaar in die area en het hy saam met sy meisie in Area 11 gewoon.
Polisiewoordvoerder, kaptein Andre Beetge, het gesê betogers besig was om betonpale om 05:30 te ontwortel om as versperrings in die pad te gebruik. “Een van die pale het op die kop van Nkosinathi Lukas van Area 11, Gunguluza, geval. Hy is op die toneel oorlede. ’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen en sal deur SAPD KwaNobuhle ondersoek word,” het hy gesê.
Beetge het gesê betogers het polisie- en brandweervoertuie bestook, asook motors wat aan die publiek behoort het.
Hy het gesê die huise van wyksraadslid Sabelo Mabuda is ook aan die brand gesteek, maar die omvang van die skade moet nog bepaal word.
Bronne: Daily Maverick, The World News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Über-bestuurder aan die brand gesteek in Parkwood-geval van boendoegeregtigheid



