Die Grassy Park-polisie sê hulle het die Über-bestuurder uitgeken wat wreed geslaan en aan die brand gesteek is deur ‘n groep inwoners in Parkwood.
Die 31-jarige Abongile Mafalala van Du Noon is glo die man wat Dinsdagoggend wreed deur Parkwood-inwoners vermoor is in ‘n rampspoedige voorval wat vermoedelik die gevolg van vals ontvoeringsgerugte was.
Die Grassy Park-SAPD het gesê hulle het Mafalala kort ná sy moord uitgeken terwyl hulle omstandighede ondersoek het wat tot sy moord gelei het.’n Onverwagse bende-element is ontdek..
Dawood Laing, bevelvoerder van die Grassy Park-polisiestasie, het gesê: “Ons kan bevestig dat geen persoon ontvoer is of gepoog is om ontvoer te word nie. ‘n Getuie het met die SAPD kontak gemaak om ons in te lig oor die beweerde ontvoering van ‘n kind of kinders. Geen lid van die publiek kon enige slagoffer of slagoffers wat ontvoer is of in die proses is om ontvoer te word nie, identifiseer nie.”
Laing het gesê onbevestigde inligting dui daarop dat twee gangsters die Über-bestuurder beroof het, en toe hy dit teenstaan, het hulle uitgeroep dat Mafalala twee kinders wou vat.
“Die gemeenskap was emosioneel oor vals inligting wat op sosiale media die rondte doen, en hulle het almal opgetree en aan hierdie wrede moord deelgeneem. Verskeie gangsters is gesien waar hulle die oorledene se voertuig vir waardevolle items deursoek en selfs drie allooiwiele met bande verwyder voordat die voertuig aan die brand gesteek is. Daar is ook gesien hoe verdagtes deur die sakke van die slagoffer soek nadat hy erg geslaan en vir dood agtergelaat is voordat hy aan die brand gesteek is. Dit was ‘n kriminele aanval op ‘n onskuldige man wat deur gangsters en die gemeenskap uitgevoer is. Ek kan bevestig dat ons ’n saak van moord ondersoek. Speurders hersien videomateriaal en arrestasies is op hande. Ons kan nie ons emosies volg om hierdie misdade te pleeg nie en het selfs vir ons kinders gewys hoe om ‘n persoon dood te maak,” het Laing gesê.
Bronne: Daily Voice, IOL, MSN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Fopnuus het tot onskuldige man se dood gelei, sê die polisie



