‘n Sestienjarige meisie van Mpumalanga is in hegtenis geneem na sy vermoedelik haar twee week oue baba doodgemaak en die liggaam in haar skooltas weggesteek het.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die baba se ouma het Donderdagoggend vroeg besef die babatjie word vermis.
“Sy het die baba se ma gevra waar die baba is, maar sy het geweier om te praat.”
Die ouma het die polisie in kennis gestel en hulle het die tiener ondervra.
Sy het na bewering erken dat sy die baba vermoor het en die liggaam in haar skooltas weggesteek het. Sy het die polisie glo na die kamer geneem waar sy die tas weggesteek het en is in hegtenis geneem.
Die tiener sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



