Bangladesj: Dodelike brand en ontploffing eis 49 lewens

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 49 mense is dood en meer as 300 beseer na houers in Chittagong in Bangladesj ontplof het.

Aljazeera berig ‘n brand het Saterdagaand uitgebreek wat verskeie ontploffings veroorsaak het.

“Die dodetal is nou 49,” het Elias Chowdhury, Chittagong se hoofdokter, aan Aljazeera gesê. “Meer as 300 mense is in die brand en ontploffings beseer.”

Hy sê ook die dodetal sal na verwagting styg omdat baie mense kritiek in die hospitale is.

Ten minste 21 brandbestryders wat probeer het om die brand onder beheer te bring, is ook beseer.

Die ontploffings was so hewig dat baie inwoners dit meer as 60 km ver kon voel én hoor.