Motor met 66 kg dagga probeer glo op grondpad van polisie wegkom

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Douglas het twee volwasse mans in hegtenis geneem omdat hulle glo in besit van dagga ter waarde van R330 000 gevind is.

Vrydagoggend omstreeks 09:30 het die polisie tydens ‘n padblokkade gesien hoe ‘n verdagte Mercedes Benz skielik op ‘n grondpad afdraai.

Lt.-kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê polisielede het die verdagtes agternagesit en die motor is deursoek.

“Die polisie het glo vyf sakke dagga in die kattebak van die motor gevind. Die dagga weeg ongeveer 66 kg.”

Polisielede het ook die motor gekonfiskeer en die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Douglas-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.