Die Gautengse departement het nou die voorval waartydens kinders ‘n ontbinde liggaam onder ‘n houer by die skool gevind het, bevestig.
‘n Leerling was glo besig om sokker te speel toe hy die bal onder die houer wou uithaal en toe op die liggaam afgekom het.
Die voorval het volgens die departement tussen 11:00 en 11:30 plaasgevind.
Die departement sê die leerlinge is vroeër huis toe gestuur en die polisie het die liggaam van die toneel verwyder en is nou besig om die saak te ondersoek.



