Koningin Elizabeth vier 70ste jaar op die troon

Deel hierdie storie / Share this story

Die 96-jarige Koningin Elizabeth, die Britse monarg wat die langste heers, vier vanjaar 70 jaar op die troon.

Haar platinum-jubileumvieringe word oor vier dae gehou.

Die koningin het egter nie Vrydag se vieringe by die St Paul-katedraal bywoon nie, aangesien sy tydens Donderdag se parade by die Buckingham-paleis ongemak ervaar het.

Donderdag se verrigtinge het ‘n parade, ligseremonie en ‘n aandfunksie ingesluit.

Die koningin sal ook dus moontlik ander feesvieringe die naweek, soos die popkonsert buite die paleis en die perdewedren, misloop.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.