Suzette Pretorius is dringend op soek na haar man.
Marius Pretorius is sedert Woensdag vermis. Toe hy nie by die werk opgedaag het nie, het hul onraad vermoed en hom probeer bel, maar sy foon was af.
Volgens Suzette is hy laas gesien waar hy saam met ‘n man en twee vrouens in ‘n motor klim by Menlyn Mall waar hy in die sekuriteitsbedryf werk.
Marius is ongeveer 1.6 lank, is skraal gebou en het bruin oë. Hy weeg 68 kg.
Enigiemand met inligting kan Suzette kontak by 079 853 4714.




