Zimbabwiërs verkoop nou glo hulle tone vir geld om te oorleef te midde van die land se haglike ekonomiese toestand.
In ‘n onlangse video wat op Twitter gedeel is, staan ‘n man langs sy bakkie met sy voet wat in ‘n verband toegedraai is. Hy het glo sy tone verkoop om dié bakkie te kon koop.
Ripples Nigeria berig dat inligting daarop dui dat persone wat hulle tone verkoop, tussen $20 000 en $40 000 kry.
Ongeverifiëerde inligting dui dat ‘n kleintoontjie vir $10 000 verkoop kan word, ‘n middeltoon vir $25 000 en ‘n groottoon vir $40 000.
Ripples Nigeria sê dis nie bekend waarvoor die tone gebruik word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



