Vliegtuig maak noodlanding op hoofpad tussen Stellenbosch en Strand

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vliegtuig moes Woensdagoggend omstreeks 11:42 ‘n skielike noodlanding tussen Stellenbosch en die Strand maak.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê verslae dui daarop dat ‘n Piper PA-28 Cherokee-vliegtuig ‘n noodlanding op ‘n hoofpad moes maak.

Die vlieënier en die passasier, beide volwasse mans, het ernstige beserings opgedoen.

Beide beseerdes is op die toneel behandel en toe met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Omstandighede oor die insident sal ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.