Die sekuriteitsmaatskappy Fidelity SecureDrive het onlangs ‘n toename in motorvoertuigverwante misdaad en kapings regoor Suid-Afrika aangemeld. Sekere Toyota- en Volkswagen-motors word deur kapers bo ander geteiken.
Die uitvoerende hoof van die Fidelity Services-groep Wahl Bartmann het Businesstech ingelig dat Gauteng en Kwazulu-Natal die grootste aantal voorvalle op rekord aangeteken het met 231 voorvalle in Gauteng, gevolg deur KZN met 186 aangemelde voorvalle van kapings tussen April 2021 en Mei 2022.
Bartmann het ook bekendgemaak voorvalle vind gewoonlik tussen 06:00-09:00 en 18:00-24:00 snags tydens spitstye plaas wanneer daar snags verminderde sigbaarheid is.
Hy het ook berig die meeste kapings vind op Donderdae en Vrydae plaas en die stede Durban, Pretoria en Johannesburg meld die meeste voorvalle per dag aan.
Volgens Fidelity se data het kapers meestal die volgende modelle wit (48%) of grys (18.9%) Toyota- en Volkswagen-voertuie geteiken:
- Toyota Hilux
- Volkswagen Polo
- Toyota Quantum
- Nissan NP200
Ford-motormaatskappy het onthul wit en silwer motors in Suid-Afrika is die maklikste om te herverkoop en ook die gewildste kleur vir nuwe motors.
Fidelity voeg by misdadigers stel behalwe die kleur, in die maak en model van die motors belang.
Sekuriteits- en polisiebeamptes het ook gewaarsku teen ‘n groter aantal voorvalle wat deur “vals polisiebeamptes” gepleeg word.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aangedui ‘n wit Toyota Hilux dubbelkajuit en/of ‘n wit VW Polo is die voertuie wat tipies gebruik word om motoriste vas te trek, met voorvalle wat in die volgende gebiede aangemeld is:
- Bekkersdal – R28-pad en N12
- Carletonville – Blybank-pad & Randfontein-pad
- Fochville – Hoek N12 en R500.
- Randfontein – R559 – R28 en N14
Bronne: BusinessTech, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Baba sterf nadat hy glo uit bed val



