Baba sterf nadat hy glo uit bed val

Deel hierdie storie / Share this story

’n Babaseuntjie van 11 maande is dood nadat hy uit ’n bed op Ventersburg geval het. Die polisie ondersoek nou bewerings van kindermishandeling.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, het die babaseuntjie ernstige beserings opgedoen.

Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die baba op 20 Mei 2022 uit die bed geval het, maar eers die volgende dag na die hospitaal geneem is.

“Ons kan bevestig dat ‘n lid van die publiek ‘n beweerde moord op ‘n kind by ‘n huis in Wilsonstraat Ventersburg aangemeld het wat uit die bed geval en ernstige beserings aan sy kop opgedoen het. “Daar is ook ’n bewering van mishandeling van die kind deur ouers. Die kind is na die Bongani-hospitaal geneem vir mediese aandag, en hy is na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Die kind is op 27 Mei 2022 dood verklaar.”

Thakeng het gesê nadat die polisie van die bewerings oor misbruik verneem het, het die stasiebevelvoerder van Ventersburg, kapt. Odendal, onmiddellik ‘n saak van geregtelike doodsondersoek geregistreer.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ons bekom tans waarskuwingsverklarings van die ouers sowel as die voog.”

Die nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word, en die ondersoek duur voort.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word