Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, het Sondag bespiegelings ontken dat president Wladimir Poetin siek is, en gesê daar is geen tekens wat op enige kwaal dui nie.
Poetin se gesondheid en privaat lewe is taboe-onderwerpe in Rusland, en word byna nooit in die openbaar bespreek nie.
In antwoord op ‘n vraag van Frankryk se uitsaaier TF1, het Rusland se topdiplomaat gesê: “Ek dink nie dat verstandige mense tekens van ‘n soort siekte of kwaal by hierdie persoon kan sien nie.”
Lavrov het gesê Poetin, wat in Oktober 70 jaar oud word, het “elke dag in die openbaar verskyn.”
“Jy kan hom op skerms kyk, sy toesprake lees en luister,” het Lavrov gesê in kommentaar vrygestel deur die Russiese ministerie van buitelandse sake.
“Ek laat dit oor aan die gewete van diegene wat sulke gerugte versprei.”
Bronne: The World News, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Wladimir Poetin se kanker versleg glo



