Wladimir Poetin se kanker versleg glo

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is vars verslae oor die gesondheid van die Russiese president Wladimir Poetin.

Hierdie keer beweer ‘n RFD-beampte Poetin het drie jaar om te lewe, aangesien sy kanker vinnig vorder.

Volgens The Mirror lyk Poetin fisies ook nie te goed nie en is hy besig om sy sig sowel as gewig te verloor.

Dit is meer as drie maande sedert Poetin Oekraïne begin binneval het en honderdduisende troepe ingestuur het om sleutelinfrastruktuur in dié land te vernietig.

Die Oekraïense spioenasiemeester Kyrylo Budanov het aan die publikasie gesê kanker is net een van die verskeie ernstige siektes waarmee Wladimir Poetin te doen het.

“Hy sal nie ’n bril dra om te help nie, want dit sal ’n teken van swakheid wees. Hy was voorheen bedaard met ondergeskiktes, maar nou het hy uitbarstings van onbeheerste woede. Hy het heeltemal mal geraak en vertrou amper niemand nie,” het Budanov ook gesê.

Daar word gesê Poetin het twee weke tevore ’n noodoperasie vir kanker ondergaan, maar dit moet nog bevestig word.

Vroeër verlede week het ‘n ander publikasie beweer Poetin is “baie siek”.

Bronne: The South African, The World News, Newschant

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Taxi-insittendes brand dood in veelvuldige voertuigbotsing op N3