Die wêreld se grootste whiskey-bottel, wat in September verlede jaar in die Guiness World Records opgeteken is, is Woensdag vir ‘n allemintige R21 miljoen opgeveil.
Die bottel, met die naam The Intrepid, behoort nou aan ‘n internasionale versamelaar.
Die bottel staan ongeveer 1,8 m hoog en bevat ongeveer 311 l whiskey.

Die whiskey is ‘n 1989 Macallan- enkel malt wat vir 32 jaar verouder het voor dit in 2021 gebottel is. Die veilingshuis sê die whiskey het ‘n soet smaak met ‘n effense smaak van appels.




