Man betaal byna R250 000 vir vollyf hond-kostuum

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is nie ‘n enkele foto van die Japannese man sonder sy hond-kostuum beskikbaar nie.

‘n Man, net bekend onder sy Twitter-naam Toco, het meer as twee miljoen Japannese yen betaal om ‘n hond-kostuum wat soos ‘n Skotse skaaphond (border collie) lyk, te laat maak.

‘n Video wat Toco verlede maand op Twitter gedeel het, is al mees as 1,7 miljoen keer gekyk. In die video, waar Toco bloot met die kostuum aan op die grond rondrol en sy “poot” in die rigting van die kamera beweeg, is daar geen teken van hoe hy regtig lyk nie.

Toco het ook ‘n YouTube-kanaal waar hy oomblikke van sy lewe in die kostuum deel. In die beskrywing van die kanaal staan daar: “Ek wou ‘n dier word, en toe word ek ‘n collie!”

Zeppet, die maatskappy wat die hond-kostuum ontwerp en gemaak het, het die besonderhede oor die kostuum op hulle webtuiste gedeel.