Die Noordwes-polisie vra die publiek se bystand om ‘n vermiste tweejarige seuntjie van Bleydeville, Uitbreiding 3, naby Lichtenburg op te spoor wat op Dinsdag, 24 Mei laas gesien is.
Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het gesê Neo Refemetswe Tlhame het Dinsdag by ‘n grootouer gebly.
Hy was egter nêrens te vinde toe sy ma hom ná werk gaan haal het nie.
Familie, vriende en mense van die omliggende dorpe het ‘n soektog begin, maar hy is steeds nie gevind nie.
Neo het ‘n blou top met rooi sterre, blou broek en blou skoene aangehad – dieselfde klere wat hy dra op die foto wat deur die polisie versprei word.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Akteur Kevin Spacey aangekla van seksuele aanranding



