Meghan Markle bring hulde aan skoolskietery-slagoffers

Deel hierdie storie / Share this story

Meghan Markle het Donderdag blomme by ‘n kruis in Uvalde in Texas gaan neersit vir een van die slagoffers van die Texas-skoolskietery wat 19 kinders en twee onderwysers se lewens geëis het.

Meghan, wat in Kalifornië saam met haar man prins Harry en hulle twee kinders woon, het wit blomme met ‘n pers lint by die gedenkteken buite die Uvalde-hof neergegesit.

Sy het by die kruis vir die 10-jarige slagoffer Uziyah García neergebuig en haar kop in stilte laat sak.

Meghan het in haar persoonlike hoedanigheid, as ma, aan die slagoffers gaan hulde bring, sê die hertogin van Sussex se woordvoerder.