Basiese pizzadeeg

Deel hierdie storie / Share this story

Vrydagaande is die perfekte tyd vir ‘n vinnige pizza! Gebruik hierdie resep vir ‘n basiese pizzadeeg, laat elkeen sy eie klein pizza bou, sit dit in die oond en sit agteroor na ‘n lang week.

Bestanddele:

500 g witbrooddeeg/koekmeel
1 pakkie gis
1 t sout
speserye na smaak
2 t olyfolie
300/350 ml lou water

Metode:

Meng al die droë bestandele en voeg water by. Meng tot sagte deeg.
Rol deeg in balvorm. Smeer die olie om die deeg, sit in bak en maak toe met kleefplastiek om te rys (dit moet omtrent dubbel die grootte rys).
Rol dun uit en gebruik.

Resep: Kreatiewe Kos Idees