Twee sussies verloor alles in KZN-vloede

Deel hierdie storie / Share this story

Twee sussies van Umdloti Beach in KwaZulu-Natal het 28 jaar se herinneringe in hulle familiehuis in KwaZulu-Natal verloor weens die onlangse vloede.

Janelle Barnard en haar sussie vra Suid-Afrikaners om haar en haar sussie, Bianca Barnard, by te staan na hulle tuiste in minder as 24 uur vernietig is.

“Ons harte is so swaar soos die modder wat tot teen ons huis se plafon staan,” skryf Janelle op Facebook.

Honderde mense moes die naweek hulle huise in die provinsie ontruim na swaar reën en vloede die area weer getref het, nie lank na die onlangse vloede in KwaZulu-Natal nie.

Janelle skryf op Facebook haar en Bianca se ouers het die huis 28 jaar gelede gebou. Hulle ouers is intussen oorlede.

“Ons twee het probeer om alles bymekaar te hou so goed as wat ons kan. Maar ons is net twee, en die stukke raak te swaar om op ons eie te dra.”

“Ons doen ‘n beroep op enigiemand wat ons kan help om te help om stabiliteit in ons lewe terug te kry.”

Die sussies het ook ‘n BackABuddy-rekening oopgemaak waarmee hulle al byna R90 000 ingesamel het.

“Die fondse sal gebruik word om ons te help om in skouerdiepte-modder na ons kat te soek, ons moet vir 24 uur-sekuriteit betaal om dit wat oor is te beskerm. En ons moet persoonlike items vervang wat nie deur versekering gedek is nie.”

Klik hier om ‘n donasie te maak.