‘n Graad 4-leerling wat in die Texas-skoolskietery doodgeskiet is, het net voor die 18-jarige skieter haar doodgeskiet het, probeer om 911 te bel.
Die skoolskietery het 19 laerskoolkinders en twee volwassenes se lewens geëis.
Die 10-jarige Amerie Jo Garza, wat ‘n leerling aan die Robb Elementary School in Uvalde, Texas, was, het haar ouma se selfoon by die skool gehad.
Berlinda Arreola, Amerie se ouma, sê haar kleindogter is ‘n held. “My kleindogter is doodgeskiet omdat sy probeer het om 911 te bel. Sy is as ‘n held dood na sy probeer het om haarself en haar mede-leerlinge te help.”
“Amerie het haar selfoon gehad en probeer om 911 te bel, en pleks dat hy die selfoon vat of dit breek, het hy haar geskiet. Sy het reg langs haar beste vriendin gesit. Haar vriendin was vol bloed.”
Die skietery het die tweede meeste lewens geëis in ‘n voorval van dié aard in die geskiedenis van Amerika.



