Drie Gauteng-broers dood na pa glo vir hulle energiedrankies gee

Deel hierdie storie / Share this story

Drie seuns is dood en ‘n vierde in ‘n kritieke toestand in die hospitaal na hulle glo vanoggend energiedrankies wat hul pa vir hul gegee het, gedrink het.

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag bevestig die seuns is 6, 13 en 16 jaar oud.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa van die vier broers voor skool vir hulle die energiedrankies gegee het,” sê die departement.

“Twee van die broers is by die skool dood, kort nadat hulle van maagpyn gekla het. Die derde is na die hospitaal gejaag, maar is op pad na die hospitaal dood.”

Die broers het ook ‘n vyfde broer, wat volgens die departement nié ‘n energiedrankie gedrink het nie.

Die departement sê daar is nog nie presies vasgestel wat die oorsaak van die seuns se dood is nie en dat die polisie nou die saak ondersoek.